Ter nagedagtenis aan ons moeder, Johanna Louw 
17/07/1937 tot 29/7/2013

OUMA HANNA SE BOERSEEP®

Reg no. 2011 / 032354 / 23
Vanaf 2007

Plaas: Elandsoog in Calvinia

Ons Storie

Elke generasie van die Louw-gesin was betrokke by die vervaardiging van koue watersep. So lank as wat ek kan onthou, het my ouma "Ouma Duifie" hierdie sepie gemaak op ons Elandsoog-plaas in die Middelpos-distrik. So nou en dan maak sy die outydse gekookte seep. Sy het my ma Johanna Louw, ook bekend as "Ouma Hanna", die fynere kuns geleer om koue watersep te maak.

Sedert Oktober 2007 het Alida Taljaard oorgeneem en onder die noue toesig van Ouma Hanna haar eie koue watersep gemaak. In Augustus 2009 het Alida se tweelingsuster, Christine Bothma, by die "LOUW-seepmaakspan" aangesluit nadat sy self die vaardigheid in die maak van seep verfyn het.

Boerseep is geskik vir alle huishoudelike gebruike. Dit is veral geskik vir die was van wit klere en vetvlekke. Nadat u die seep mildelik toegedien het, laat dit oornag week en was dit dan in die wasmasjien. Die resultaat is 'n gewaarborgde vetvrye en spierwit produk.

Dit is algemene kennis dat ons voorouers hul seep self gemaak het en daarom was die seeppot een die dié kosbaarste stukke gereedskap wat op die verre trekpak saamgeneem is. Resepte en kennis is van geslag tot geslag oorgedra maar leesstof oor die maak van boerseep was baie skaars.

Kouewater Metode

Ons gebruik die KOUEWATER METODE en die benaming kouewater sê presies wat dit is, die sodavlokkies word met KOUE reënwater of gedistilleerde water aangemaak. Met die metode word die seep geensins gekook nie, maar wel geroer totdat die vet en soda verseep.

Produkte

Boerseep Koekie

230g

Gehekelde Geskenksakkie

235g

Gerasperde Boerseep

300g

Stort and handwas bag

125g

Kontak Ons

Adres

Mullerstraat 5 [agter die kerk]
Bonnievale
Suid Afrika

Bel Ons

+27 (0)82 264 3057
+27 (0)23 616 2201

Stuur ons n pos

Alida Taljaard
boerseep@telkomsa.net

Sodra die bestelling verwerk word, ontvang u die bankbesonderhede saam met u faktuur.

Die wagtydperk vir 'n bestelling is maksimum 2 tot 3 weke

Sodra die bestelling verwerk word, ontvang u die bankbesonderhede saam met u faktuur.

afAF
0