Gebruiksaanwysings (koue en warm water)

Klere : Was witter as wit, verwyder vlekke/vetkolle

Koue water : Vir alle hardnekkige vlekke soos rooiwyn, granaatsap, bloed, modder, kerrie, ink

Warm water : Vir alle vetkolle soos olie, ghries, diesel & vet

Potte, panne: Was en skuur skitter blink

Matte, baddens, storte: Skuur, laat staan en spoel af

Gebruik as handewas seep, baie sag op jou hande!
Week oornag vir beter resultate!

Wonderseep

Kouewaterboerseep word gemaak van twee 100% natuurlike bestanddele bv:

bees- en/of skaap se harde binnevet & reënwater. Die reënwater het geen onsuiwerhede in nie. As jy bytsoda en reënwater meng word dit loogwater genoem. Geen kleur- of geurmiddels word bygevoeg nie. Met die metode word die boerseep geensins gekook nie, maar wel geroer totdat dit dik word en stol. Gedurende vervaardiging vind die versepingsproses plaas waar die vet [suur] met die soda [alkalië] meng om seep te vorm. Die boerseep word dan vir ‘n periode van 6 tot 8 weke of langer geberg en warm toegemaak waarna dit reg is om te gebruik. Mettertyd word die boerseep harder en sodoende hou dit baie langer. Die pH is onder 10 en dus geskik vir menslike gebruik.

LET WEL: GEEN seep van watter aard word sonder bytsoda gemaak nie!!!

Huishoudelike gebruike

Boerseep is geskik vir alle huishoudelike gebruike: – matte; baddens; storte; teëls; mure; kaste & stowe. Smeer aan nat oppervlakte en los vir ±30 min voordat dit met ‘n spons of skropborsel geskrop word. Nadat jy jou potte en panne gewas het, smeer boerseep met ‘n sagte sponsie aan en spoel goed af onder die kraan. Dit maak die potte skitterblink. Boerseep is ook die enigste seep wat geskik is vir gebruik in gryswater volgens die bekende dr Dave Pepler bekende omgewingspesialis van Stellenbosch. Volgens Prof Suzanne Delport is Petrus Britz van die Landbounavorsingsraad van mening dat boerseep in gryswater nader aan die natuur is en dus minder skadelik is, mits dit eers behandel word en ook goed belug word voor gebruik.

Wasmasjien

Boerseep is ekonomies, veeldoellig en effektief. Verwyder hardnekkige vlekke deur dit in te smeer en te laat week. Los 25g gerasperde boerseep op in 1 liter kookwater. Nadat dit afgekoel het, lyk dit soos stysel – gebruik na gelang van grootte van jou bondel wasgoed in jou wasmasjien. Boerseep vervang seeppoeier, versagmiddel en vlekverwyderaar in die wasmasjien. Boerseep maak nie baie skuim nie maar wel baie seperigheid omdat dit baie gekonsentreerd is. Daarom moet wasgoed baie goed en deeglik uitgespoel word om te voorkom dat daar witkolle op klere vorm. Spoel dan vir ‘n 2de keer.

Vir die was van witklere en vetkolle is boerseep die ideale oplossing. Nadat jy dit goed ingesmeer het en oornag laat week het, gooi in jou wasmasjien en ‘n spierwit produk word gewaarborg. Indien ‘n vlek baie hardnekkig is smeer met boerseep en hang buite in son om droog te word en was dan weer. Herhaal vir ‘n paar keer tot vlek verwyder is.

Boerseep is geskik vir alle huishoudelike gebruike: – matte; baddens; storte; teëls; mure; kaste & stowe. Smeer aan nat oppervlakte en los vir ±30 min voordat dit met ‘n spons of skropborsel geskrop word. Nadat jy jou potte en panne gewas het, smeer boerseep met ‘n sagte sponsie aan en spoel goed af onder die kraan. Dit maak die potte skitterblink. Boerseep is ook die enigste seep wat geskik is vir gebruik in gryswater volgens die bekende dr Dave Pepler bekende omgewingspesialis van Stellenbosch. Volgens Prof Suzanne Delport is Petrus Britz van die Landbounavorsingsraad van mening dat boerseep in gryswater nader aan die natuur is en dus minder skadelik is, mits dit eers behandel word en ook goed belug word voor gebruik.

Menslike gebruik

Ouma Hanna se kouewater boerseep is 100% suiwer, pH is onder 10. GEEN kleur- en/of geurmiddels word bygevoeg nie. Omdat dit so suiwer is, is dit geskik vir sensitiewe velle om te gebruik as badseep; gesigseep; skeerroom sowel as sjampoe. Dit bevogtig die vel en gee verligting vir ekseem, soriase en derglike vel irritasies. Dit word dan ook aanbeveel om jou klere en beddegoed met boerseep te was indien jy ‘n vel probleem het. As jy kampeer en net die nodige saamneem, is boerseep jou oplossing vir alles wat jy nodig het!

Diere

Aangesien die pH van Ouma Hanna se boerseep onder 10 is en vir menselike gebruik geskik is, is dit ook geskik vir diere. Dit sal hul velle bevogtig en ook sommer help met die bekamping van vlooie.

Beoordeeling van Seep

• Die algemene voorkoms moet netjies wees.
• Die kleur moet egalig wees en nie stippels of kolle toon nie.
• Die kleur van boerseep word bepaal deur die kleur van die vet of indien die temperatuur te warm was van jou bytsoda en vet.
• Die seep moet ‘n fyn tekstuur hê.
• Die seep moet vry van onsuiwerhede wees.
• Die seep moet goed skuim en skoon ruik.
• Die seep moet droog wees voordat dit gebruik word.
• ‘n Witlaag onderaan seep mag te wyte wees aan swak afkoel of te veel bytsoda.
• Seep wat vetterig voel, bevat te min bytsoda om al die vet te verseep.
• Kook seep is wit en ligter in gewig as kouewater boerseep, terwyl kouewater boerseep neig om meer roomkleurig te wees.

afAF
en_USEN afAF
0