C van Rensburg

Ek was in 2011 gediagnoseer met borskanker en het toe AL my produkte wat ek op my lyf gebruik weggegooi. Ek het by ‘n Spar in Wapadrand Pretoria, Ouma Hanna se boerseep ontdek en dit is toe al wat ek vir my lyf én klere gebruik het. Wel, dit is nou 2026 en ek gebruik dit steeds – nog nooit teruggekyk nie!
Nou ja, hier is nog ‘n storie: Ek koop ‘n “top brand” waterdigte, warm baadjie by ‘n 2e handse markie vir R50 – helder geel nogals! Ongelukkig is daar ‘n paar vuil merke wat ek gladnie skoon kry nie….gladnie! Het allerhande wondermiddels en sepe probeer. Dis nou al 4 jaar later en dra ek steeds sporadies hierdie puik baadjie – vuil merke en al.
Die afgelope week speel ek in ‘n Rolbalkompetisie in gietende reën met my geel baadjie aan. Ek is een van die weiniges wat droog daar uitkom, maar menige (goedige) op- en aanmerkings word gemaak oor dié vuile baadjie. Tuis gekom vryf ek toe sorgvuldig en baaaie deeglik hierdie baadjie in met jul Boerseep, los hom oornag in die seepwater en gooi hom vir ‘n vinnige was deur die masjien die volgende oggend. ……….en daar kom ‘n splinter nuwe baadjie te voorskyn!! Alle vuiligheid en kolle is WEG! Net daar besluit ek toe om vir jou die wonderlikgeit te vertel. Ongelukkig het ek nooit oorweeg om ‘n “before n after” foto te neem nie, maar ek stuur wel vir jou ‘n foto van die “nuwe” baadjie 😃!
met vriendelike groete!