Elize
Ek wil vandag na 5 jaar weer van julle seep bestel. Ek was so 5 jaar gelede in die kaap en het ouma Hanna se seep daar raakgeloop. Ek bly in Pretoria. Ek was so heilig op die twee koekies seep dat ek dit soos edelstene bewaar het. Ek het dit weggesteek dat net ek dit mag gebruik in die huishouding. Dit is absoluut kosbaar en ek is die suinigste suinig wat jy kan kry met die seep . Wel, glo dit of nie, dit is die heilige waarheid dat na 5 jaar my seep steeds een van my kosbaarste dinge is.
My tweede koekie seep is nou halfpad en ek moet nou weer bestel. Na 5 jaar is dit steeds soos ‘n stukkie goud en werk net so wonderlik soos van dag een af. Daar is net niks beter nie. Ek het nog nooit eers ander boerseep gebruik nie. Lank gelede was julle op ‘n televisie program en ek het geweet die wonderwerk vir klere en linne lê net daar, daar by ouma Hanna se boerseep.
Ek is baie bly dat julle aangaan met Ouma se seep. As julle moet ophou sal dit ‘n groot leemte by my laat en ek is seker in baie ander mense se lewens ook. My laaste koekie seep het al so bietjie geel geword maar nie sy waardevolle kwaliteit nie.
Baie baie dankie